Potjie en Mampoer Fees – 28 July 2018

Potjie en Mampoer Fees 2018 met Lianie May, Appel en meer!

'n Dag en aand propvol van alles wat eie is aan ons wonderlike Afrikaanse kultuur wat beteken alles wat goed lyk, smaak en proe!

  • Baie lekker “voelgoed” boere kos beskikbaar insluitend: potjies, vetkoek, frikkadelletjies, jaffels, boererolletjies, bobotie, potbrood, pannekoek, koeksisters, melktert, Jan ellis poeding, ystervarkies, fluweelpoeding , poffertjies, skrikkeljaarpoeding, yskastert, knarskoekies en klapperkoekies.
  • 'n Interessante seleksie van Mampoer om uit te toets - insluitend lekker Mampoer-Roomys en Melkskommels en mengel drankies!
  • Baie prettige kompetisies om die dag op te helder en te geniet wat verseker 'n glimlag sal voorsien vir 'n ieder en 'n elk!
  • Baie gratis Kinder-vermaak.
  • “Kampvuur” wat om 17:00 aangesteek sal word – met volksliedjies wat gesing sal word rondom die knetterende vuur en ook heerlike malvalekkers wat gebraai sal word.
  • Daar sal ook lekker sokkie musiek gespeel word in die River Terrace in die aand...pryse wat gewen kan word.

Kaartjies nou beskikbaar by Computicket en Stonehaven on Vaal

Volwassenes R60 - Kinders 12 jaar en jonger R20 - Kinders 5 jaar en jonger Gratis
Vir meer inligting sien www.potjieenmampoerfees.co.za

Comments are closed.